
|
Dink net, heerlike piekniek in die rustigheid van die natuur |
|
UITSPAN is ñ ontspanningsoord in privaat besit en bestuur word as gasteplaas en ontspanningsoord wat oornag verblyf en dag besoek aanbied in die vorm van toegeruste selfsorg eenhede en kampeer asook ñ gastehuis. Ons is ñ gesins oord en is daarom kindervriendelik en laat kinders van alle ouderdomme toe.
Die oord word bestuur deur onsself as eienaars, Andries en Helen Du Toit. Ons bedryf die besigheid as woning, gastehuis, kuierplek vir almal en kampeer terrein met boskamp. Andries tree op as administratiewe bestuur en hanteer beplanning en bestuur van die onderneming en werk voltyds in die rekenaar bedryf Helen hanteer die totale huishouding en dag tot dag werking en administrasie. Ons huistaal is trots Afrikaans. Met Afrikaans as moedertaal en huistaal fokus ons dan ook op Afrikaans en kultuur in ons bedrywighede. |